gewildstegedigte.litnet.co.za » A.G. Visser

Rosa Rosarum
Kom na my tuin waar die donkerrooi rose

Duist’re geheime vertrou aan die nag;

Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.

Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister

– Wanneer die nagwind hul drome verklaar –

Na die veelvuldige blommegefluister,

Bloesem en bloeisel en blad altegaar!

Kom waar die lelie – die blanke, die reine –

Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,

Blou miosotis – die slanke, die kleine –

Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom as die maanblom – wit sy en satyne –

As ’n vorstinne verskyn in haar prag

Onder die wierook van roos en jasmyne –

Skoonste juweel op die bors van die nag!

Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,

Open die lotus haar heilige kelk,

Dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana –

As sy in glorie van songloed verwelk.

Bok-bokmakieries sing bly twee-gesange

Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;

Saans koer die tortel sy lied van verlange

Bo-uit die troost’lose treurwilg se kruin.

Kom in die aand en geniet van haar geure:

Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;

Kom in die môre en kies van haar kleure:

Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!

Kom as dit skitter van dou-diamante,

Rosa Rosarum, in my Paradys,

Dat ek my blomme, my bome, my plante

Roos van my hart, hulle weerga kan wys!

Sneeuwitjie
Niemand heeft meer liefde dan deze. Joh.15:13

“Kom ons twee gaan die kalfie soek,

Ons tweetjies, ek en jy,

Die beeste het daar in die hoek

Die hele dag gewei.

“Die weer word dik, die windjie sny

En ons moet niks versuim,

Want as die kalfie buite bly,

Sal hy vannag verkluim.”

Sy was ’n kind geen twaalf jaar oud,

Pas sewe jaar was hy;

Maar albei reeds teen warm en koud

Deur armoed al gebrei.

So loop die twee die bultjie oor

En op al langs die vlei.

Dán sien hulle iets wat roer daar voor,

Dán iewers weer opsy.

Die wind gaan lê, en saggies daal

Sneeuvlokkies wit en rein.

Al verder steeds het hul gedwaal

Weg van die huisie klein.

Maar toe die sneeu so vinnig val,

Begin klein broertjie huil;

Toe het hul teen die sloot se wal

’n Tyd lank eers moet skuil.

En later, toe die bui bedaar,

Was alles wit rondom.

“Waar is die huis nou, sussie, waar?

Hoe sal ons daar weer kom?”

Met moeë voetjies loop hul snel

Al met die slootjie langs,

Met ogies waarin trane wel,

En hartjies vol van angs.

“Ag, Here, wys ons waar’s die huis,”

Het Racheltjie gebid;

Maar bo was net die wind wat suis,

En onder alles wit.

Al in die rondte ’t hul geloop,

Al minder word die krag,

Twee kleintjies sonder gids of hoop

Verlore in die nag!

Koud kom die man tuis uit die veld.

“Waar is die kinders, vrou?”

“Genade, man,” roep sy ontsteld,

“Is hulle nie by jou?”

“Was hulle dan nie by die kraal?”

Vra hy van skrik oorstelp.

“Dan het hulle in die veld verdwaal –

Ag, liewe Here, help!”

Vergeefs gesoek die ganse nag

En vure aangesteek.

Hul moes maar hande wringend wag

Totdat die rooidag breek.

En toe van nuuts af aan weer soek.

Ou Jonas sny die spoor

Al langs die vlei tot in die hoek,

Daarna die bultjies oor.

“Hoekom is hier een spoor nou net?”

“Hoe kan die baas so vra?

My arme nonnatjie . . . sy het

Die kleinbaas hier moet dra.

“Sy loop al in die rondte om

Net soos die skaap wat maal.

Die witmens . . . hy is baie dom . . .

Die witmens . . . hy verdwaal!”

Nou het ou Jonas iets gewaar;

Hy luister en hy loer:

“Die uitgeholde miershoop daar –

Wat is dit wat daar roer?

“Hy lewe nog, klein Hendrikkie,

Hy’s binnekant nog warm . . .

Inkosi2 het die nonnatjie

Gebêre in sy arm.

“Hy het haar met Sy kleed bedek . . .

Sy voel nie meer die kou.

Sy’t al haar kleertjies uitgetrek

Die kleinbaas te behou!”

O wonder dat ’n hart so warm

Nie al die sneeu kon smelt –

’n Hart wat sig so kon erbarm

Alleen daar op die veld!

Wanneer jy, Afrikanerkind,

So heerlik voor die vuur

Sit luister na die winterwind

Daar buite, koud en guur;

Wanneer jy van die dade leer

Van menig dappere held,

Vergeet nie Racheltjie de Beer –

Sneeuwitjie van die Veld!

1. Eugène Marais vertel in sy Sketse uit die Lewe van Mens en Dier die geval van byna voorbeeldelose selfopoffering van ’n klein Boeredogtertjie, Rachie de Beer, wat haar broertjie se lewe gered het deur hom in ’n miershoopoond met al haar kleertjies toe te maak toe hulle in ’n storm verdwaal het. Sy self het van koue omgekom.

2. Die Here.

Toe die wêreld nog jonk was
“In dié dae was die reuse op die aarde… die manne van naam.” Gen. 6:4

Kort anderkant Jerusalem

Daar het gewoon Metusalem,

Die man wat hul – dit sal jy sien

Vermenigvuldig het by tien!

Hy was g’n vier jaar in die land

Toe kry hy al sy eerste tand;

By tien jaar kruip hy oral rond,

’n Flinke knapie en gesond:

Toe rol hy al, en val en woel

En staan hy op teen elke stoel.

Nog skaars was hy ’n jaar of elf

Toe stap klein Lemmie al vanself.

So groei hy op tot sestig jaar:

Die eerste wisseltand was daar;

En volgens landswet ry “oom Kool”

Op ou Behémot na die skool.

Sy vaders trots, sy moeders vreugd’,

Met Step by Step en Trap der Jeugd

In Hoog-Galdeeus en Aramees,

Want almal moes tweetalig wees.

’t Was goed en wel, maar alte vaak

Het dié twee “opgemix” geraak.

Hy leer; en voor hy honderd was,

Staan hy al eerste in sy klas!

Op honderd-sestig moes meneer

Sy melkbaard al begin te skeer;

Tien jaar daarna al katkiseer

En Hellembroek – die dubb’le – leer;

Nog tien jaar toe begin hy al

’n Mooi, klein noointjie lastig val.

Verniet dat Vader loop en brom:

“Kniehalter-span sal ek vir hom!

’n Bog van honderd-tagtig jaar

Praat al van trou – so wrintie waar.

Maar styf sal hy sy rieme loop –

Hy dink glo trou is kémel koop!”

“Kind,” sê sy ma, “daar’s baie tyd –

Waarvoor die grote haastigheid?”

Maar wat, die snuiter was getroud

Skaars honderd-ses-en-tagtig oud.

En soos dit in die huwelik gaan,

Sy huisgesin groei stadigaan:

So elke dertig-veertig jaar

Is weer ’n nuwe outjie daar.

So word, met dat die eeue rol,

Ook mettertyd sy koker vol –

’n Pure man Metusalem,

Die Raadslid vir Jerusalem!

Hy tem die woeste Dinosour

En skiet die wolhaar-Brontosour;

En van sy vel maak hy ’n jassie

Vir klein Mahérskalálgasbassie.

Maar klein Kedorlaomertjie

En lief Kirjatjaromertjie,

Die tweelingboetie en sy sussie,

Kry elk ’n hippopotamussie.

Tiglatpileser, die parmant,

Wil niks hê as ’n olifant;

Maar Hammoerabie huil en sê

Hy wil ’n wit harnoster hê.

En klein Metusalem verlang

Pa moet vir hom ’n walvis vang.

“Habbakukkiena, bly tog stil!”

“Ag, Ma, hul vat my krokodil!”

Maar Gog-Magog met breë bors

Eet soet sy leviatanwors.

Ja, glimlag moes die moeder wel

By dié verteed’rend’ kinderspel:

Hoedat – dis om jou hart te steel –

Die kleinspan met hul diertjies speel!

So leef hy voort en doen sy plig

Tot sewehonderd-sewentig.

Toe sê hy: “Kinders, nou gaan ek

My aan die boerdery onttrek.

Voor nog ’n honderd jaar verloop,

Sal ek vir my ’n bril moet koop.

Die paar ou eeutjies wat ek nog

Hier op die aarde lewe mog,

Wil ek gaan rus van al my werk.

My dorpshuis staan vlak by die kerk;

Die dokter en die predikant

Is albei sommer byderhand.

Hou, as ek weg van julle woon,

My kinders, julle paadjies skoon:

Pas op vir borgstaan en krediet

Vir Israel- en Ismaeliet.

Behou die grond, kaart en transport;

Betaal kontant: die lewe is kort,

’n Droom – en voor ’n mens gewaar,

Dan is die ouderdom reeds daar.

My lewe is – so skyn dit my –

Soos ’n gedagte snel verby!

My dogters, luister tog vir Pa:

Volg nie die nuwe modes na:

’t Word alles korter – liewe land! –

Die rok, die hare en verstand.

Dit dans, dit rook – dis om te ween.

In hemelsnaam! Waar moet dit heen?

Ligsinnigheid wat my verstom –

Vanslewe was dit andersom.”

En so verslyt Metusalem

Sy oudag op Jerusalem,

En drink en rook op sy gemak

Sy koffie en sy pyp tabak.

So sit en peins hy menigmaal:

“Die duisendtal sal ek nooit haal.

Ek het ook soveel knoue weg

In wilde-mens- en diergeveg,

En sware koue in die nat

Vierhonderd jaar gelee gevat.

’k Onthou nog goed die groot kapok –

Die sneeu tot aan die huis se nok.”

Op nege-sewentig-min-een,

Sy tydjie om, was hy daarheen;

En niemand wis of dag daaraan

’n Wêreldrekord was geslaan.

Die feit is daar: Van toe tot nou

Het hy die langste aangehou!

Laetitia
’n Lied van my beminde

’n Lied van frisse maagdeskoon,

Blou oë waarin die hemel woon,

Van lokke wat met songoud gloei,

Van wange waarop rose bloei;

’n Mond waar soentjies lonk en lag.

Op lippe roos en warm en sag,

Van hande vlug en wit en fyn,

Bekoorlikheid in elke lyn;

Van skelme kykies op en neer

’n Glimlag van ons liewe Heer!

Lieftalligheid van Godsgena,

Laetitia Dulcissima!

’n Blye lied van blyste dag,

Die son breek deur die wolke-rag;

Die orrel speel ’n jubeltoon;

Daar kom ’n koningin te skoon:

My bruid, my skat, in wit gewaad!

’n Sluier oor haar lief gelaat.

Ons kniel tesaam voor Gods altaar

En liefde en trou sweer ons mekaar;

Dan blomgestrooi, musiekgeluid!

Was ooit so ’n dag, was ooit so ’n bruid?

’k Staar in verbeelding haar nog na

Laetitia Bellissima!

Die ruiter van Skimmelperdpan
Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan,

By ’n draai in die mond van die kloof,

Het ’n bom in die oorlog ’n vlugtende man

Op ’n perd soos ’n swaardslag onthoof.

Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf,

Met ’n laaste stuiptrekkende krag,

En die bene geklem soos ’n skroef om sy lyf,

Op die perd sit die grusame vrag.

Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek,

Soos die wind yl verbysterd die dier,

Met die skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek,

En gespan soos ’n draad elke spier;

By die huisie verby waar ’n vrou staan en kyk . . .

In die afkopding ken sy haar man . . .

Met ’n onaardse gil val sy bleek soos ’n lyk . . .

Perd en ruiter verdwyn in die Pan!

Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuil

Waar bouvallig die huisie nog staan,

En vreesagtig by wyle ’n nagdiertjie huil

By die newelige lig van die maan!

Want by middernag waai daar ’n wind deur die kloof,

Waai en huil soos ’n kindjie wat kerm,

En dan jaag daar ’n perd met ’n man sonder hoof . . .

Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!”

Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun,

En dit vlam uit sy neus en sy oog;

Styf en stram sit die ruiter na vore geleun,

En die bloed uit sy nek spuit ’n boog;

En dan eensklaps vanuit die vervalle gebou

Kom ’n vreeslike skrikbeeld gevaar,

Al die hare orent – ’n waansinnige vrou

Met ’n hande-wringend gebaar:

“Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?

Waarom jaag jy my elke nag op?

Sal daar nimmer ’n einde kom . . . altyd maar weer

Die galop . . . die galop . . . die galop?!”

Die afgryslike klank – nóg gehuil nóg gelag –

En die perd met die romp van ’n man . . .!

Dis geen plek vir ’n Christenmens daar in die nag

Langs die pad na die Skimmelperdpan!

Die roos
Te kort jou skoonheids duur,

Roos van my hof;

Vir jou volmaakte uur

Die Gewer lof!

Te kort ons liefdestyd:

Te lank die rou.

Tog – tot in Ewigheid

Goddank vir jou!

Amakeia
’n Voorval uit die Sesde Kafferoorlog

In die skadu van die berge,

Bos-beskut aan alle kant,

Staan alleen die hartbeeshuisie

Op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia

Op die wal van Kei-rivier,

Tot hy slaap, die tere wiggie

Van die blanke pionier:

“Stil maar, stil maar, stil, Babani,

Kyk hoe blink die awendster.

Niemand sal vir kindjie slaan nie –

Stil maar, al is Mammie ver.”

Amakeia had belowe

Toe haar nonna sterwend was,

Om die hulpelose kindjie

Tot hy groot was, op te pas.

Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,

Tot vir hom die lewenslig

Straal uit aia Amakeia’s

Vrind’lik-troue swart gesig

Onheilspellend sien sy tekens,

Oorlog kom daar in die land:

Snel die inval, huis en hawe

Uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,

Met die wit kind op haar rug,

Na die Amatola-berge

Het sy ylings heen gevlug.

“Stil maar, stil maar, pikanienie,

Oor die bergtop rys die maan.

Niemand sal vir ons hier sien nie;

Môre sal ons huis toe gaan.”

Ag, dat oë van verspieders

Ook haar skuilplaas moes ontdek!

“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy

Met hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:

“Sterf of gee die wit kind hier!”

“Oor my lewelose liggaam . . .”

Antwoord Amakeia fier.

“My belofte aan my nonna –

Beste was daar ooit nog was –

Waar hy gaan, moet Amakeia

Saamgaan om hom op te pas.”

“Is jul lewend nie te skei nie,

Bly dan in dood vereen –

Kort proses met haar, ’Maxhosas,

Laat die blink asgaaie reën!”

In die Amatola-klowe

Sing nog net die winterwind

Deur die riete in die maanskyn:

“Tula – Tula – stil, my kind!”